Het jy nou daarvan in jou huis?
“Gee my springbok biltong, gee my boerbeskuit, gee my lekker koffie en laat die ander uit”
So sing die ou liedjie van weleer en so, word vertel, het die ou voortrekkers en boerekrygers beskuit en biltongsaamgeneem op die langpad.
Presies waar dit begin het weet ek nie, maar beskuit is aljimmers hier met ons en word steeds saamgeneem op reis of het ‘n plekkie iewers in die kombuis of spens vir ‘n tussen-in troos, gasbederfie of ontbyt uitsteller.
Maar hoe benader mens beskuit vanuit ‘n analitiese oogpunt? Daar moet tog seker ‘n standard wees waarvolgens mens ‘n beskuit kan aanslaan as drie- of vyfstęr, botiek, “met styl” of “uit die boek”.
Soos daar verskeie etiket boeke is, het iemand al die moeite gedoen om met gesag standaarde neer te lę vir hierdie nederig maar belangrike cullinęre verskynsel in die Suid-Afrikaanse, Afrikaanse,kampeerder,jagter, koshuisbrak,student, ex-pat, troepie en oud-stryder se lewenservaring?
Vir
iemand wat nie weet wat beskuit is nie (in Brittanje kry mens dit byvoorbeeld
glad nie op die winkelrakke nie) moet mens ‘n sort verstaanbare definisie van
die konsep formuleer.
‘n
Mens evalueer beskuit met behulp van die volgende indekse, asse of meetskale,
naamlik absorbsievermoë, brokkelgeneighdheid en algmene mondgevoel en smaak.
Absorbeer of opsuig moet dit darem kan wanneer jy hom aan jou koffie blootstel,
net genoeg vir effens sagmaak en bietjie koffie saam te bring met droogvinger
uitpaljas, suie en behaaglik kou.
As hy
te veel absorber, te gou welk, afbreek en spattend terugplons in die koffie, is
daar groot fout met die brokkelindeks.
Vele
lewenslange sielkundige letsels is al veroorsaak nadat hierdie ongewensde
gebeurtenis tydens adolosent partytjies oë laat draai het met gevolglike
selfbewustheid en klerevlek skaamte.
Eers
as jy ‘n beskuit ken, kan jy behoorlik daarmee omgaan en weet hoe om dit te doop
en die meeste smul plesierdaaruit te kry.
Die
beskuit connoisseur weet darem dat sommige biskuite, soos die slanke
anys-beskuit die afbreek, terugval en spat risiko inhou en ook swak vaar op
die sogenaamde “algemene mondgevoel” indeks.
Die
dunner onderkant hap en doop maklik maar nader aan die ronderige bokant moet
mens maar soms al om die rondte knibbel om dit klein genoeg te kry vir die
finale doop of hap. Droogvinger waardigheid kom dan ook in gedrang en lei
meestal tot ongedoopte knarskou.
Ervare vakansie beskuit inpakkers weet ook uit dure ondervinding dat jou
beskuit jou ‘n les sal leer as dit nie in “style travel” nie.
Hy
wil dig verseël wees, verkieslik in sy eie houer, anders Verras hy jou op jou
eerste kampstoeltjie koffie-ervaring met ‘n ongewensde ekstra by-smakie van
piesangsweet, gas, uitlaatgaslekke of stowwerigheid.
En so
het beskuit gesorg dat hy verewig is in nog ‘n liedjie waarin misnoë met
beskuitverlies bekla word: “O die hond het my beskuit van die tafel afgesmyt”.
IJ Blom Winter 2016
slnvbskuit