Soos op 17 Desember 2023
Rondom Kerstyd gebeur dit soms dat ‘n buitengewone migrasie van spierwit vlinders voorkom en al dartelend in ons noordelike provinsies gesien kan word.
Net na Kersfees van 2012 het hulle vir dae hier deur Pretoria getrek in ‘n noord-oostelike rigting. Hulle was so baie dat dit amper soos ‘n horisontale sneeuval gelyk het, dit het selfs motoriste genoodsaak om ruitveers aan te skakel om weer net die pad te kan sien.
Hierdie migrasie was ook gesien op die Botswana grens, omtrent die hele N4 tussen Pretoria en die laeveld, selfs by Barberton en die Wildtuin.
In 2016 was die migrasie weer net na Kersfees maar toe meer noord en was sigbaar in die Limpopo provinsie.
Hierdie vlinders, Grasveldwitjies of Belenois aurota aurota” broei in hulle massas uit in”Witgatbome” wat in die Karoo en Noord-Kaap voorkom. Weens oorbevolking migreer baie van hulle dan instinktief in ‘n noord-oostelike rigting na Somalië, waar daar ook witgatbome voorkom.
Langs die pad is hulle maklike prooi vir Voëls, Spinnekoppe, Geitjies en ander insekvreters. Die proses herhaal dan weer in Junie in ‘n teenoorgestelde rigting.
Opvallend dus, dat die migrasie plaasvind rondom die wisseling van die langste dag en nag.
Dit neem die gedagtes na ander bekende gevalle van massa migrasies: Pikkewyne, See-skilpaaie, salm,Walvisse,Sardientjies, Swaeltjies, Rooi-Valkies, Koekoeke, Hartebeeste, Vlermuise, Termiete en Sprinkane.
In al hierdie gevalle is daar predatore langs die pad wat baat vind uit die mee-valler.
So wat maak die mensdom anders?
Stede soos Pretoria en Johannesburg is merkbaar stiller oor die Kerstyd terwyl permanente inwoners van kus-gebiede aan die ontvang-kant van ‘n massa mens-migrasie is. Die tydelike oorbevolking kom dan so teen middel Januarie tot ‘n einde as “die laaste wit Ventertjie” oor die horison verdwyn met die tru-migrasie.
IJ BlomKerstyd 2023 Ander langpad stories: Nelspruit se Wonderboom Haak hom Blokkies Postuur of waarheids uur Springrat