Dag uitstappie

Gratis uitstappie (Soos op 20240401)

Die Morelettakloof Natuurreservaat in Heliosstraat Moreletta is die ideale plek vir ‘n gesins dag-uitstappie en is heeltemal gratis. Somermaande oop 6 tot 4 Dinsdae tot Sondae.

Met fasiliteite vir rolstoel-gebruikers en stoot-waentjies bied die verskeie roetes ’n verskeidenheid van oppervlaktes soos teer, graspaadjies, voet-paadjies en dit is dus ook baie gewild onder voetslaners, drawwers en landlopers ”cross country”

Behalwe die vele voël-spesies wat bestudeer kan word vanuit die voël-dek "bird-hide" (ook bereikbaar met ‘n rolstoel of stoot-waentjie) is daar vele boom-soorte (heelwat gemerk), bokkies, zebras, volstruise en ’n skilpad of twee.

Daar is toegangsbeheer (daagliks tussen 6 en 4) by die parkeer-area en ‘n keuse van verskeie roetes.

Hoe om daar te kom:

Vanuit Hans Strijdom/ Solomon Mahlangu, draai oos inRubinstein

Volg Rubinstein vir sowat 850m en draai links in Helios St.

Volg Helios vir sowat 1,3km en draai links by dieRademeyers skuif-hek regoor Palmietstraat lat -25.8171458 lon 28.2910656 Merker op Google Maps

Wag sal besoekersregister invul met voertuig registrasienommer en besoeker / bestuurder se Van en selfoon nommer.

Stappers se parkeerarea is op regterhand.

Roetes

Roete 1a (gedeelte van Duiker roete): Maklikste, Teerpad Afstand1,2km / driekwart-uur.

Heeltemal toeganklik vir rolstoel gebruikers en stoot-waentjies. Ook ideaal vir atlete vir oefen in die natuur op 'n veilige teerpad sonder verkeer.

Begin by geplaveide paadjie by parkeerarea, draai regs(noord) op teerpad by val-hek

volg teerpad deur grasveld, vleiland en bome vir sowat 600m tot waar dit eindig in ‘n sirkel en draai weer terug.

Bokkies, volstruise en soms zebras te sien op hierdie roete.

Roete 1b(Meer oostelike veld-paadjie gedeelte van Duiker roete).

Begin by parkeerarea se vullishouer en volg die paadjie in 'n noordelike rigting, oor die beton driffie vir sowat 150meter tot by die aanwysing bordjie en hou dan regs.

Paadjie neig eers effens noord-oos en dan weer noord na 'n boomryke deel vir sowat 200m tot by die mees oostelike rusbankie.

Volg roete na die rusbankie verder noord vir 82m tot in die oopte waar dit links (wes) swenk.

Volg paadjie in westelike rigting vir 250m tot by die toeilet soos beskkryf in roete 1a. Roete 2: Roete 1 plus afdraai na voel dek

Afstand omtrent 300m verder as Roete 1

Volg Roetes 1a of 1b tot by die afdraai na die toilet en voël-dek -25.8132951 28. 292271 Merker op Google Maps

Volg(na toilet) graspaadjie oor bruggie in noordelike rigting tot by rolstoel-vriendelike voël-dek. (Elektriese rolstoele met klein-deursnee wiele mag dalk sukkel oor die laaste 50m voor die voël-dek)

Roete 3

Roete 3: Roetes 1 en 2 plus kort sirkelroete terug oor hout-bruggie

3km, 1 uur, die Duiker roete.

Hierdie is die gewildste roete en gaan deur stil boomryke gedeeltes sonder stads-geluide.

Neem Roetes 1 en 2 en gaan aan anderkant die voëldek vir 260m deur die woud tot by die eerste rusbankie.

By die rusbankie swaai die roete slap links (suid-wes en baie klipperig) deur 'n grasvlakte en weer slap regs (wes) na 140m

Hiervandaan lei die paadjie vir 500m deur die mooiste woud met kabbelende stroompie op linkerhand tot by die afdraai na links(suid) by die duiker / suikerbos T-aansluiting. lat -25.8136633 lon 28.2846590 Afdraai op Google Maps

Na sowat 80m in 'n suidelike rigting, , weer links anderkant die bruggie oor die spruit (net voor die 15 trappies) Hier is weer twee rusbankies met noordelike uitsig oor die vallei, stroompie en vleiland.

. Volg dan die roete terug vir sowat 400m (oos) aan die suidekant van die stroompie(met nog rusbankies op linkerkant) deur die woud tot by Roete 1 se teerpad eindpunt sirkel.

Volg teerpad terug tot by parkeer-area.

Roete 4

Roete 4: , 5km moeilike roete, die Suikerbos roete.

Steeds baie mooi maar plek-plek baie klipperig. Fiksheid belangrik en bring drink-water saam.

Neem Roete 3 tot by dieDuiker / Suikerbos T-aansluiting afdraai na die hout-bruggie maar gaan reguit aan (baie klipperig) vir sowat 250m tot by die Japie rusbankie met suidelike uitsig.

Na rusbankie is die paadjie vir 200m meer gelyk maar draai dan links af met "dwars-paal"trappies, al dalend , deur nog 'n boomryke deel vir sowat 400m tot by die mees westelike rusbankie.

Kort hierna kruis 'n lae houtbruggie die spruit en dan swenk die paadjie op en dan links (oos) vir 200m deur grasveld tot by die sonbesie woud.

Hier word die paadjie vir 500m weer baie ongelyk en klipperig tot dit 'n T-aansluiting maak lat -25.8147515 lon 28.2848022 T aansluiting op Google Maps met die pad af(noord) met die 15 trappies en regs net voor die houtbruggie van Roete 3.

Roete 5

Roete 5: , 5km moeiliksteSuikerbos roete

Volg Roete 4 tot na die sonbesie woud maar draai nie links (noord) af by die T aansluiting na Roete 3 nie, gaan net reguit aan.

Volg paadjie(nogal kwaai klipperig)in 'n oostelike rigting vir sowat 140 m tot by die Jan du Toit bankie wat noord uitkyk oor die vallei.

Na nog sowat 180m (meestal deur 'n Akasia woud is daar 'n klein houtbruggie oor 'n droë lopie en dan die Suikerbos roete aansluiting waar mens regs draai. lat -25.8144664 lon 28.2894423 Suikerbos aansluiting op Google Maps

Volg die paadjie deur 'n oop grasvlakte met die Restaurant kompleks op linkerhandvir 180m tot by die Inligtings hut en parkeerplek.

Ander variasies op bogenoemde roetes kan maklik tydens latere besoeke verken word sonder 'n verdwaal-risiko.

Volstruis wenk: Volstruise is skugter vir bewegende voorwerpe hoër as hulleself. Hulle sal wegbeweeg as jy jouself langer laat lyk deur jou hoed hoog bokant jou kop te hys met 'n stok. Hier is sommige klanke van geveerdes op die roete:

Nota:Om die klank skakels hieronder te hoor op 'n I Phone, gaan na "page settings " linkerkant onder op die skerm en klik op "hide reader view"

Restaurant

Restaurant: Die Rademeyers restaurant op die perseel is meestal naweke oop. Besoek gerus Moreletta Kloof Nature Reserve se Facebook blad.

IJ Blom Herfs 2024