Gesonde stoutigheid

Soos op 2025 03 25

Gesonde stoutigheid:

Hier is ‘n soort “water vuurpyl” wat vir baie pret sorg en terselfdertyd ‘n paar fisika lesse insluit. Dit benodig slegs ‘n twee liter gaskoeldrank bottel, ‘n stukkie rubber, ‘n motorband se klep en ‘n staan-karpomp.

In ‘n neutedop word ‘n glas water in die bottel gegooi, die bek toegestop met die rubber met klep en dan word die hele kontrepsie opgepomp terwyl die bottel vertikaal onderstebo staan met die klep koppelstuk na onder. As die drukking hoog genoeg raak met die gepompery skiet die bottel met water as dryf-middel knallend en sissend die lug in

Benodigdhede:

Twee liter plastiek gaskoeldrank bottel Klep/ pomp koppeling van motorband of motor binneband 10 - 15 mm digte rubber soos gesny uit ou plakkie,skoensool of buiteband Bakstene of plastieksakke gevul met sand om bottel onterstebo invertikale posisie te hou Pomp (die soort wat mens vastrep en met altwee hande na onder pomp) Metode:

Stap 1 sny die rubber in ‘n ronde skyf sodat dit baie styf in die opening van die bottel kan pas

Stap 2 boor ‘n gat in die middel van die rubber skyf en druk die klep daardeur sodat dit ook baie styf pas

Stap 3 Kry ‘n oop spasie van ten minste 10by 10 meter as lanseer area

Stap 4 Gooi twee koppies water in die bottel enverseel die bek van die botteldeur die rubber en klep baie styf-passend daarin te druk met die klep wat na buite wys

Stap 5Draai nou die bottel onderstebo sodat die klep na onder wys en koppel aan die pomp

Stap 6 gebruik bakstene of sand-gevulde plastieksakke rondom onderstebo bottel om dit in vertikale posisie te hou

Stap 7 begin pomp en hoor die dreigende roggel-geluide soos die lug deur die water na bo beur

Stap 8 hou aan pomp totdat die bottel losskiet deur die rubber en klep na onder “uit te spoeg” en die ingehoue drukking die bottel na bo voortdryf.

Omdat die water naaste aan die opening lê dien dit ook as dryf-middel soos die saamgeperste lug dit uitforseer volgens Newton se tweede wet.

Die bottel behoort meer as vyf meter die lug in te skiet en sal vir ‘n paar sekondes na landing nog ‘n water-wasem in die bek laat uitkom weens die vinnige afkoeling wat met die drukvermindering gepaard gaan.

IJ Blom Herfs 2025