Soos op 2023 04 07
Hoe ver kan jy sien?
Oog-wortel, Klaagliedere en kilometers
Al ooit op die strand gestaan en wonder hoe ver jy oor die see kan sien, hoe ver die horison is?
Dit hang grootliks af van hoe hoog jy bo see-vlak is.
Staan jy op die strand in die klein brandertjies versper die ronding van die aarde jou sig na sowat 4km.
Hieronder volg ‘n maklik-om-te-onthou formule vir self berekening:
Maal net 3komma 57 met die vierkantswortel van jou hoogte(gemeet in meters) bo seevlaken jou antwoord is die afstand se sig in kilometers tot by die horison.
Gestel jou oog hoogte is 4m bokant see-vlak dan is die som 2 maal 3 komma 57 en dit is gelyk aan 7 komma 14km’s Op 100m sal dit dus 10 x 3,57 = 37,5km wees
Hier is ‘n anker wat help om 3,57 te onthou:
Klaagliedere 3 vers 57, die enigste boek in die Bybel waarvan hoofstuk 3 ‘n vers 57 het. dit lees:
“U kom nader die dag as ek U aanroep, U sê: Wees nie bevrees nie!”
IJ Blom Paastyd 2023
Kyk hoe ver jy oor die oseaan kan uitkyk deur met stereo oorfone te luister na hierdie opname vanaf die Aghulhas uitkykpunt (sowat 49m hoog opStormsriviermond: