Springrat
Dit was ‘n helder Saterdagmiddag toe ek, met materiaal inkopiesakke in een hand en die kattebak se deksel onder my ander hand, die parkeerterrein wou oorsteek Spar toe.
‘n Mens skaduwee val op die teer langs my voete en ek hoor die stem van 'n jong dame:
"Uhm, verskoon my Meneer. Oh this is so embarrassing."
Sy is iewers in haar twintigs, lenig en lig van gelaat,in klassieke kantoordrag maar merkbaar senu-agtig en ongemaklik.
“Kan U my dalk help?.”. Sy kyk half ontwykend oor haar skouer en vervolg dan weer in Engels met:
“Oh, this is so embarrassing..”
Asof sy probeer moed skep neem sy ‘n diep asem en vervolg dan met:
“Ek werk hier naby maar my werkgewer het my nie vandag betaal soos ooreengekom nie. Ek het staatgemaak op die geld om brandstofin te gooi.”
Hierdie storie is seker een van die bekendste slenters, dink ek, waarmee kontant uit die sakke van goedgelowige landsburgers geswendel word.
“Ek vra net ‘n paar rand vir genoeg petrol om my huis toe te neem, omtrent50 kilometer hiervandaan..”
Iets in haar houding en desparaatheid laat my vra:
“Waar is jou kar?”
“Net daar!” draai sy om en wys na die rye geparkeerde voertuie.
“Goed, kom ons gaan” sê ek.
Sy draai om en ek volg haar haastige pas al vlegtend tussen die parkeer-randstene, wit lyne en karre deur.
“Hier’s hy” roep sy terwyl sy kloksgewys voor die enjinkap swenk op pad na haar deur toe.
Dit is ‘n dof-wit skedonk uit die tagtiger jare,voorruit gekraak,bakwerk duike sigbaar en gladde bande sonder wieldoppe.
Terwyl sy haar deur oopstoei, sê sy: “Wag, ek sal jou deur van binne oopmaak,dis bietjie stram..”
Ek aanvaar sy snap my plan dat ons die sowat 200m saamry na die winkelsentrum se vulstasie toe.
“Jy moet maar jou deur hard toeslaan,dit pas nie meer lekker in die koesyn nie...” vervolg sy toe ek voor langs haar inskuif. Sy mik met sleutel in regterhand na die stuurslot, trap die koppelaar en draai die sleutel.
Daar is geen “tu.. zu.. zu.. geluid soos met ‘n gewone aanskakel nie. Net ‘n rat-op-rat skuurgeluid gevolg deur ‘n gebulk van ‘n vry-draaiende elektriese aansitter motor of “starter”
“Dis die bendix” kondig ek aan
“Die wat?” vra sy en probeer dadelik weer. Nog 'n maal is die skuurgeluid en aansitter vry-draai kreuning hoorbaar.
Ek stoei my deur oop sodat ek die “wikkel die kar terwyl in rat” oplossing vir die probleem kantoepas. Hier moet ek nou eers my storie onderbreek met ‘n bietjie tegniese agtergrond oor ‘n kar se aansitter en sy “bendix-gear” of springrat, soos ek dit noem.
Die battery-aangedrewe aansitter motor se assie eindig in ‘n rat (omtrent so groot soos ‘n gholfbal) wat elektromagneties uitskiet wanneer mens die sleutel draai. Die uitskiet aksie laat dit koppel met ‘n ooreenstemmende rat op die rand van die enjin se vliegwiel
Dit is ‘n slim soort “hup-stoot” wat die enjin met batterykrag draaiof krink sodat dit kan ontsteek en die silinders aan die gang kry. Die aansitter met sy springrat vervul dus dieselfde funksie as ‘n pluk-tou by ‘n bootenjin of grassnyer, ook die “kick starter” van ‘n motorfiets.
By ou karre raak Die springrat of ooreenstemmende tande van die vliegwiel verslete of daar kan selfs ‘n tand of twee ontbreek op die vliegwiel se rat-buitelyn. Draai mens die sleutel en die springrat is dalk in lyn met ‘n tand-lose gaping op die vliegwiel se rat, kry mens die krap en bulk geluid soos hierbo beskryf.
Mens klim dan net uit en wikkel die kar so ‘n bietjie vorentoe en agtertoe, terwyl in rat, en dan draai die vliegwiel effens sodat die gaping nie meer in lyn is met die springrat nie. Jy klim terug, draai die sleutel en siedaar! Tot sovêr die tegniese verduideliking.
“As jy nie omgee nie..: vra sy “Stoot my net so ‘n entjie dan start ek hom met die clutch”
Bloot om tyd te spaar begin ek die ryding vorentoe skrum met my skouer en sien tot my verbasing hoe nog iemand vanuit die niet kom saamstoeun. Sy los die koppelaar, die enjin vat en sy hou toerer-opjagend stil sodat ek kan inklim
“Dankie!” Roep sy oor haar skouer vir die ander helper en trek dan weer weg in die rigting van die vulstasie.
“By die garage..’
Hyg ek uitasem en rooigesig terwyl ek die sweet op my voorkop rug-hand probeer droog-vee.
“ .. Moet jy maar die kar laat luier terwyl hulle petrol ingooi.”
“Michelle” sê sy en hou haar regterhand uit na my.
“sakkie” aanvaar ek die groet en sy draai in langs die petrolpomp.
Die joggie beduie dat sy die klappie by die brandstoftenk moet oopmaak maar sy leun nie na regs, soos ek verwag het, om die hefboom langs die sitplek te trek vir die klappie se oopmaak nie.
Verbaas kyk ek toe hoe sy die asbakkie ooptrek en ‘n platterige stukkie yster vir die pompjoggie aangee.
“Lastig, die dat die lever hierbinne nie meer werk nie maar hierdie plaatjie, het ek agtergekom, werk net so goed soos ‘n sleutel om die petrol klappie oop te maak.” verduidelik sy terwyl sy dit weer terugontvang van die joggie.
“Ek werk hier by die gym, jy moet my assebliefMaandag daar kry dan gee ek jou geld terug” .. bied sy aan.
“Is jy ‘n trainer of wat doen jy daar by die gym?” wil ek weet.
Nou draai sy effens na my met die woorde:
“Nee, ek verkoop gym kontrakte. Stel jy dalk belang?”
Met swem as my gunsteling oefening, verdeuidelik ek toe aan haar, dat ek al vantevore gaan navraag doen het by daardie gym maar gevind die swembad is meer geskik vir “water aerobics” as lengtes swem.
“Goed dan, maar as jy weet van iemand wat wil aansluit, stuur hulle na my as jy nie omgee nie”
Sy laai my af voor die spar en toet toe ek vir haar wuif met wegtrek en toe staan ek daar en kyk en kyk hoe haar karretjie saamsmelt met die Saterdag-midddag huistoegaan verkeer.
Ek ervaar ‘n onbeskryflike gevoel van hartseer en het nie die vaagste benul waarvandaan dit kom nie. Miskien is dit ‘n mengsel van jammer kry enhartseer voel oor haar gesukkel.
Hoe desparaat moet mens wees om te werk by ‘n plek waar die werkgewer jou op ‘n kritieke stadium in die steek laat met vergoeding? Hoe is dit dat die lewe vir sommiges net nie behoorlik aan die gang kom, amper soos ‘n enjin waarvan die springratnie behoorlik werk nie?
Mag ek of enige van my geliefdes asseblief nooit in ‘n posisie beland waar mens op die genade van ‘n vreemdeling moet staatmaak en kort-kort omkyk met die woorde
“Oh, this is so embarrassing”
IJ Blom Oktober 2020
Ander stories:
Van Boeing tot brandslang
Van 3 na 5 en terug:
Slot, stut, starter en reverse:
Van bekendes tot bemindes: