Op Berge en in Dale

Op Berge en in Dale 2023 11 28

Oor tuistes, trekkers, toegangsroetes en teorieë

Hierdie storie gaan oor ‘n netjies geteerde deel(omtrent 5km) van ‘n pas in die Drakensberge. 'n Pas in die middel van ‘n beoogde verbindingsroete wat nooit voltooi is nie.

Wat dit onderskei van ander passe is dat min mense daarvan weet en nog minderdit ooit besoek. Hierdie verskynsel laat vrae ontstaan oor soortgelyke onvoltooide projekte wat nou al vir baie jare wenkbroue laat lig.

Die mees bekende is seker die stukkie snelweg (eintlik ‘n brug) op die seefront by Seepunt in Kaapstad wat sedert die sewentiger jare onvoltooid staan weens een of ander eiendoms dispuut.

Dan ook, aan die ooste van Pretoria, omtrent 4km vanaf die bekende spookhuis op die Delmas pad, staan die geraamte van ‘n enorme winkelsentrum. Dosyne huise is opgekoop en platgeslaan voordat konstruksie begin is net na die draai van die eeu.

Dit sou in twee fases, weerskante van De Villebois Mareuil laan wees, met beplande voltooingsdatum 2010.

Aan fase 1(wes van die pad) is werksaamhede gestaak in 2008 en waar fase 2 ‘n aanvang moes neem is nou net ‘n(van woonhuis ontneemde) vlakte.  

My jarelange buurman wie dieN6 roete tussen Bloemfontein en Aliwal Noord goed ken, herinner my onlangs ook aan 'n alleenstaande brug wat hy as volg beskryf:

“Daar is ookop die “ou” Aliwal-Noord pad tussen Reddersburg en Smithfield, naby ‘n plekkie met die naam van Hessie se Water, ‘n verlate beton “fly over” in die middel van ‘n grasvlakte, wat nooit gebruik was nie. Ek meen dit is gebou op wat bedoel was om ‘n skakelpad tussen die N1 en die N6 te gewees het."

Met die drie voorbeelde hierbo genoem, wend ek my kortliks tot Sisteemteorie waarvolgens vreemde verskynsels in een sisteem ‘n beduidende waarskynlikheid het om in ‘n ander sisteem voor te kom As drie uiteenlopende onvoltooide projekte om verskillende redes in die Kaap, Pretoria en Vrystaat voorkom,laat dit mens wonder oor die waarde van Sisteemteorie ten opsigte van my onvoltooide bergpas storie.

Trouens, ek vra die leser om Sisteemteorie te toets deur die volgende twee vrae t beantwoord:

Eerstens, watter projekte het jy self al geesdriftig aangepak maar nooit voltooi nie, en tweedens,het jy al opgelet hoeveel onvoltooide projekte daar nou al jarelank in so min as ‘n kilometer radius rondom jou is?

Hier naby ons, byvoorbeeld, weet ek van ten minste drie wonings wat al vir jar leegstaan na onsuksesvolle opgraderings. Nou meer oor die bergpas in my storie:

In die Limpopo Provinsie, Agter die bekende Berg Morea,waarna die hoofkwartier van die Zionist Christian Church (ZCC)vernoem is, is die dorpie Trichardsdal. Hoewel die afstand, soos die kraai vlieg, maar net 20 of so kilometer is, moet mens ‘n wye draai ry om van ZCC by Trichardsdal uit te kom.

Die roete neem jou eers via Magoebaskloof na Tzaneen, dan regs met die Lydenburg pad en dan weer regs (anderkant die berg) met die T-aansluiting waarna mens terug neig na Trichardsdal

Die idee ontstaan toe tydens die vorige bedeling(voor 1994) om ‘n direkte verbindingspadtussen ZCC en Trichardsdal oor die berg te bou. Vier rolspelers se samewerking was nodig hiervoor:

Gedeelte A, Noord van die berg(met aansluiting by die Tzaneen pad): die eertydse lebowa regering.

Gedeelte B (tot by die kruin van die berg): die eertydse Lebowa Parke / natuurbewaring.

Gedeelte C,(kruin-af aan die Trichardsdal kant van die berg): die eertydse Transvaalse Parke en laastens

Gedeelte D (wat sou aansluit by die Trichardsdal pad) die ou Transvaalse provinsiale regering.

In beginsel gaan al die rolspellers toe akkort oor die idee maar daar is botsende opinies oor die opeenvolging van fases in die projek.

Die eertydse Transvaalse Parke voeg toe daad by die woord en begin met gedeelte C, seker die moeilikste en mees uitdagendste . Dit beslaan ‘n deel van die Drakensberg wat destyds deur die voortrekkers (onder leiding van Trichard) met moeite oorgesteek is. Hierdie gedeelte staan ook bekend as Baragwana se roete, vernoem na Baragwana wie bo op die berg(feitlik in totale afsondering) gewoon het.

Hierdie roete se opgradering(danksy die toenmalige Transvaalse Parke) is ‘n pragtig geteerde moderne maar verlate bergpas want die ander rolspelers het nooit hulle deel van die ooreenkoms nagekom nie.

Vandag kan mens die pas met moeite net bereik met ‘n viertrek voertuig, veld motorfiets of te voet.

Dit is plek-plek sigbaar via Google Earth as mens ‘n soektog doen op “Ori BaragwanaWay”

IJ Blom Februarie 2021

Anderwiele en langpad stories: Kan die sitplek verstel?

Fodde ou bakkie