Paasfees en Volmaan

Soos op 2024 02 02

Paasfees en Volmaan Hoe word die datums vir Paasfees bereken?

Opstanding sondag (die hoogtepunt van Paasfees) kan net tussen 22 maart tot 25 april val

Die bepaling van die datums vir Paasnaweek(‘n sogenaamde “beweeglike fees”) is afhanklik van die posisie of fase van die maan en werk soos volg:

Die eerste volmaan op of na die 21 Maart dag-effening(wanneer dag en nag ewe lank is) staan bekend as die Paas-volmaan en is die vertrekpunt. Die Sondag wat volg op daardie volmaan is dan opstanding Sondag. Dit is dus altyd volmaan net voor of tydens paasfees.

In 2024 is die eerste volmaan na dag-effening Maandag 25 Maart en31 Maart dus opstanding Sondag. Die Paasnaweek strek dus van Vrydag 29 Maart tot Maandag 1 April 2024.

In 2023 was die eerste volmaan na die 21 Maart dag-effening Donderdag 6 April en daarom ook die begin van Paasnaweek, 6 -10 April met 9 April as opstanding Sondag.

Nog ‘n paar voorbeelde:

in 2022 was Saterdag 16 April Volmaan enSondag 17 April opstanding Sondag.

In 2021 was die volmaan op Sondag 28 Maart , Goeie Vrydag 2 April en Opstanding Sondag 4 April

In 2020 was volmaan Woensdag 8 April en opstanding Sondag 12 April

in 2016 was volmaan op Woensdag 23 Maart en opstanding sondag 27 Maart

Verskeie gedeeltes in die Bybel verwys na die fees wat ter herdenking van die Israeliete se verlossing en trek uit Egipte plaasgevind het. eksodus 12 : 18

In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.

Gedeeltes met dieselfde strekking kom ook voor in levitikus 23 : 5, Numeri 28: 16 . en Joshua 5 : 10 Dit is alom bekend dat JesusChristus se kruisiging plaasgevind het terwyl die paasfees herdenk was en daarom was dit ook volmaan. In verskeie rolprente wat handel oor Christus se kruisiging soos “Passion of the Christ”, “Son of God” en die “Jesus” film is die volmaan te sien in heelwat van die tonele.

Verskeie geloofs-dinominasies regoor die wêreld se geloofsbelydenis bevat die woorde “Jesus Chrustus, Sy eniggebore Seun, Onse Here, wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria, gekruisig, gestorwe en begrawe is en weer op die derde dag opgestaan het uit die dood ...”

Na Sy opstanding uit die dood het Christus aan verskeie mense verskyn en na 39 dae in ‘n wolk opgevaar na die hemel. Ons vier dit as Hemelvaart, altyd op ‘n Donderdag maar ook op wisselende datums afhangende wanneer diePaasfees was.

IJBlomFebruarie 2024

“Sometimes it causes me to tremble...”