Vier soorte Koekoeke

Vier, nee vyf soorte koekoeke soos op 2023 05 01

Vir die afgelope twee dekades hou ek rekord van nuwe voëlgeluide in my tuin hier in die ooste van Pretoria. Vier spesies(almal van die Koekoek-familie) wat net in die somer hier voorkom is die Piet-my-vrou, die Diederikkie, die Swart Koekoek en Klaas se Koekoek. Laasgenoemde het ek in 2020 vir die eerste keer in hierdie geweste gehoor.

Piet-my-vrou begin gewoonlik roep rondom erfenisdag / braaidag (24 September) en raak stil (in Pretoria) in Januarie / Februarie.

Die Diederikkie hoor mens van middel Oktober af en hy is gewoonlik hier rond tot in Maart. Danksy Dawie de Swardt van Bloemfontein ken ek nou ook 'n tweede klank van die Diederikkie.

Klaas se Koekoek was reeds middel winter hoorbaar en raak ook stil in Februarie.

Die Swart Koekoek se roep is drie stygende note wat maklik onthou kan word met die woorde "I'm so sad..".

'n Ander koekoek spesie is die Mooi Meisie (African emerld cuckoo) wat ek al in Magoebaskloof, Tsitsikamma en Wildernis gehoor het

‘n Kenmerk van die Koekoeke is dat hulle oorwinter in midde-Afrika waar dit warmer is. Om energie te spaar vir die lang terugreis bou hulle ook nie eie neste nie en glip bloot ‘n eiertjie in ander spesies (soos Tiptolle en Lysters) se neste waar die gas-spesies dit uitbroei en voed soos hul eie kleintjies.

Sien my artikel oor gas-heer spesies en parasiet spesies by www.bloms.co.za/pen/nes.htm

Hier is die klanke van bogenoemde Koekoekke:

Nota:Om die klank skakels hieronder te hoor op 'n I Phone, gaan na "page settings " linkerkant onder op die skerm en klik op "hide reader view"

'n Ander spesie wat gedurende die 2020-2021 somer baie dikwels hier in Pretoria gehoor was is die Bosveld Visvanger, al gesien met akkedis in die bek.

Nog 'n geveerde waarmee ek inde Januarie 2021 op die plaas Groenvlei tussen Belfast en Dullstroom kennis gemaak het is die Kaapse Rietsanger/ Rietvink (lesser swamp warbler) wat ek op die vlei-agtige oewer van 'n forel dam opgeneem het.

Die klank van die Rooikop Houtkapper hieronder is aan my aangestuur deur Stephan Johnson soos opgeneem tydens 'n besoek aan Meiringskloof naby Fouriesburg:

Die suidelike waterfiskaal duet hieronder is op 2021 09 24 ook in Meiringskloof opgeneem:

Op 22 Februarie 2021 het ek hierdie Sneeubal "Puffback" opgeneem en my Tannie Marlena het dit vir my geidentifiseer:

Op 7 Maart2021 is hierdie onbekende geluid gehoor in my tuin. Is dit dalk 'n bruin-kop visvanger?

Dank-sy die ervare oor van Dawie de Swardt is die geluid hieronder(klink baie soos Klaas se Kokoek) geidentifiseer as die swartkroon thagra black crowned tchagra : Hieronder is ook opnames van die Tiptol (Bul-bul), Naguiltjie (Fiery-necked night jar), Knysna loerie, vleiloerie, bosloerie, Jan Frederikkie, Spookvoël, Dikkoppie, Willie Tiptol, Wielewaal, swart sperwer (black sparrow hawk)en Swart Kroon Tjarro

Vir nog mooi klanke, klik op die skakel hieronder:

www.duodaccord.com

IJ Blom Januarie 2023