Internasionale Ruimtestasie

Soos op 2 Mei 2025

ruimtestasie soos op 2 Mei 2025

Die Internasionale Ruimtestasie is vir talle ruimte-entoesiaste ‘n onuitputlike bron van interessantheid.

Vroeg Mei is daar ‘n paar geleenthede waartydens die stasie se verbyvlug in Johannesburg en Pretoria gesien sal kan word

Hieronder verbyvlug inligting vir Johannesburg vanaf Donderdag 1 mei tot Maandag 5 Mei 2025:

Uittreksel uit NASA se blad:

The following ISS sightings for Johannesburg are possible from Friday Apr 25, 2025 through Saturday May 10, 2025

Date Visible Max Height* Appears Disappears

Thu May 1, 6:42 PM 1 min 16° 10° above S 16° above SSE

Fri May 2, 7:30 PM 1 min 24° 10° above SW 24° above SW

Sat May 3, 6:42 PM 5 min 58° 10° above SSW 33° above ENE

Sun May 4, 7:32 PM 3 min 15° 10° above W 13° above NNW

Mon May 5, 6:43 PM 6 min 30° 10° above WSW 10° above N

Enigeen kan soortgelyke inligting onttrek vir enige stad deur op die skakel hieronder te klik en die kieslys in te vul:

https://spotthestation.nasa.gov/sightings/index.cfm https://spotthestation.nasa.gov/sightings/index.cfm

Kies South Africa uit die Country kieslys en dan jou stad onder die City kieslys en klik op "GO"

Daar is ook ‘n skakel wat wys waar die stasie op die oomblik is in sy tog rondom die aardbol:

https://spotthestation.nasa.gov/tracking_map.cfm https://spotthestation.nasa.gov/tracking_map.cfm

As dit oopmaak gee dit die volgende inligting:

lat, long, hoogte, spoed en datum/tyd

lat: Dis Waar die stasie verskyn op die vertikale y-as / noord na suid wat deur die ewenaar halveer word op die nul punt.

, alles onder die ewenaar met groeiende negatiewe waardes of S vir Suid en alles bo die ewenaar groei met positiewe waardes of N vir noord.

Long: waar die stasie verskyn op die X-as met nul waardes by Greenwich (Londen) en alles regs daarvan groeiend met E vir East in na 270 grade verander na W vir West en weer afneem in waarde en die 270 grade minder word.

Sien verduideliking hironder hoe lat en Lon vir Pretoria as voorbeeld werk.

Spoed: Word in km per uur aangedui of meter per sekond Gewoonlik rondom27,5 duisend kilometer per uur maar wissel ’n klein bietjie afhangende van die trajek

Hoogte:

Omtrent 420 km bokant die aarde se oppervlak (in die sogenaamde L E O of lower earth orbit gebied). Ander sateliete soos die Intelsat waarvan ons T V skottels sein kry of die sateliete wat GPS in stand hou wentel duisende kilometrs verder bo die aarde)

Die blad volg dan met ‘n paar FAQ’s (frequently asked questions) met antwoorde

Trajek:

Soos die stasie sy 94 minute tog rondom die aarde voltooi , wissel die LAT (of Noord / suid) posisies tussen 52 grade suid en 52 grade Noord (dus weerskante van die nul punt of ewenaar)in ‘n soort sinus golf beweging.

Dit vlieg dus nooit oor die Noordpool of Suidpool gedeeltes nie.

Praktiese verduideliking van Lat en Lon:

Hier in Pretoria is die lat / lon 25 S en 28 E

Die lat 25 S beteken ons is 25 grade onder/suid van die ewenaar en die lon 28 E beteken ons is 28 grade regs of oos van die vertikale Londen Greenwich lyn.

Ander interessanthede oor die Ruimtestasie:

elke ruimtevaarder(sewe op die oomblik) gebruik omtrent 11 liter water per dag.

suurstof, water en kos moet dus gereeld aangevul word Dit gebeur elke drie of vier maande via ‘n voorraad sending(koste twintig duisend dollar per kilogram) wat onder andere ‘n 44 gelling of 210 liter drom water insluit.

Elektrolise word op die stasie ingespan om water te skei in suurstof en waterstof.

Drie en negentig persent van alle grys water, urine en ventilasie vog wat aan boord opgevang word is na aan-boord suiwering weer beskikbaar vir her-gebruik.

Hoe eet en drink hulle daarbo?

Vereiste vir alle kos is dat dit nie moet kan krummel of spat in die kajuit se geen swaartekrag omgewing nie. Die risiko van skade aan lugreeling stelsels en ander apparaat word so uitgeskakel.

‘n Wye verskeidenheid vooraf-verpakte ontwaterde disse word opgestuur en Die stasie het gewoonlik tussen 4 en 6 maande se kos voorraad

Gedroogde / Ontwaterde arbeie word byvoorbeeld weer met warm lug bevog en daarna verkoel. Vloeistowwe word slegs uit sakkies met ‘n kraantjie gedrink en brood (ook in sakkies verpak) is ‘n soort tortilla waarop iets soos heuning of grondboontjiebotter gesmeer kan word en as ‘n “wrap” geeet word.

Koekies is van die nie-krummel soort en klein genoeg om direkin die mond te sit.

Ruimtevaarders se familielede kan, as deel van voorraad sendingsbederfies opstuur wat ook aan nie-krummel vereistes voldoen.

Verlies aan been-digtheid en afname in spier-massa as gevolg van gewigloosheid word aktief teengewerk deur gereelde fisiese oefening . Die ruimtestasie het ‘n trapmeul aanboord wat ‘n stapper of hardloper met rekke na onder trek en so swaartekrag simuleer.

Die gevierde ruimtevaarder, Sally Williams, het by geleentheid, terwyl die bekende Boston Marathon op aarde gehardloop was, dieselfde afstand op die ruimtestasie se trapmeul meegemaak tydens een van haar sendings.

Geskiedenis van die ruimte stasie:

Die eerste eenheid is in 1998 gelanseer, onder andere met behulp van die eertydse pendeltuie.

lang termyn bemande sendings het in 2000 begin ensedertdien is dit die langste aaneen tydperk waartydens die mens teenwoordig is in die buitenste ruimte met 279ruimtevaarders vanuit 22 lande wat afwisselend deel van die stasie se bemanning was.

As duurste item wat ooit deur die mens vervaardig is met bydraes van verskillende lande is die ruimtestasie109 m lank, 73 m breed en weeg sowat 450 ton. Dit het 8 koppelpunte waaraan ander ruimtetuie kan koppel vir instandhouding, voorraadsendings en personeel ruilings.

Dit wentel 15 keer per dag om Moeder Aarde teen ‘n spoed van 27,5 duisend kilometer per uur op ‘n hoogte van 420 kilometer.

Op opstanding Sondag 20 April 2025 het drie ruimtevaarders van die ruimtestasie die stasie verlaat en in Khazakstan geland.

Een van die drie, die mees onlangse bevelvoerder Don Pettit, die oudste werkende ruimtevaarder hetso sy sewentigste verjaarsdag gevier. Hy het tot dusver 590 dae van sy lewe in die ruimte deurgebring.

takuya Onisshidie van Japan het by Pettit oorgeneem as bevelvoerder van die stasie.

IJ Blom Mei 2025

Terug na Bloms