Soos op 2023 12 15
Vuurtorings om S A kuslyn
Sedert die 15-honderds het daar sowat twee duisend skepe vergaan rondom die S.A kuslyn en die 49 vuurtorings rondom ons kus help steeds om verdere ongelukke te voorkom. As simbool van vastigheid, iets waarop mens kan reken en lewensbakens is vuurtorings (wat ten spyte van moderne GPS tegnologie steeds skepe help gids en waarsku) vir baie entoesiaste ’n bron van enorme interessantheid. Naas elke vuurtoring se unieke flitspatroon”nagmerk” en kenmerkende kleurpatrone op die struktuur self”dagmerk”,is sommige selfs toegerus met ander (meer moderne) herkennings-tegnologie. Dit sluit unieke radar weerkaatsers in en pakket-radioseine “Automatic Identification system/ AIS)in. So kan skepe, selfs in digte mis die ligging van ‘n vuurtoring tot so ver as 30 kilometer op navigasieskerms volg en herken.
49Vuurtorings Daar is 49 werkende vuurtorings rondom die suider-afrikaanse kuslyn. Almal is ten volle geoutomatiseerd,sommige met son-krag enheelwat het nog ‘n permanente Vuurtoring Opsigter.
Vir maklike verstaan van hulle ligging, word die vuurtorings om ons kus kloksgewys vanaf die KZ-Natalse noordkus tot by Namibië aan die weskus opgedeel as volg:
Indiese Oseaan:27 Torings noordkus tot Durban, Natalse suidkus, Wildekkus, Res van Oos-Kaapse kus, Wes-Kaapse kus Plettenbergbaai tot Agulhas
Atlantiese Oseaan:22 torings , Atlanties tussen Agulhas en kaap punt, torings rondom Kaapstad en laastens Weskus.
Die lys sluit af met drie torings aan die Namibiese kus.
Vir elke toring word die ligging (in terme van ruitverwysing en naaste dorp), oprigtingsdatum, struktuurkenmerke, kleurpatrone/dagmerk, hoogte van toring, flitspatroon/ nagmerk) en ligsterkte aangedui.
Noukeurige bestudering van die lys hieronder wys dat daar elf uit die 49 torings is wat dieselfde flitspatroon hett maar dat hulle ver genoeg uitmekaar is en geen ruimte laat vir verwarring nie.
Net sewe van die 49 torings het wel unieke flitspatrone terwyl kleiner groepe van vyf, vier of drie ook dieselfde flitspatrone onderskeidelik het.
die lys van27 Indiese oseaan torings:
indiese oseaan: KZ-natalse noordkus tot by durban(8 torings) -27°s tot -29°s
1 Jesser punt Sordwana opgerig 1986
-27° 32’ 41.35” S 32° 33’ 40.81” E
-27.5448190,32.5613360 Jesser op Google Maps
Mees noordelike vuurtoring aan S.A kuslyn en geleë binne dieKZN parke se gebied bnaby Sordwana-baai
Silindriese toring, wit geverf ,7K (7 duisend) Kerskrag
groep van 4 flitse elke 40 secondes(of ‘n 4/40 toring)
Net een ander toring om ons kus het dieselfde flitspatroon: Hood Point Oos Londen
2 Kaap Vidal 1985
-28° 8’ 51,98” s 32° 33’ 10,77” e
-28.1477722 32.5529916 Vidal op Google Maps
23m silindriese toring geel geverf 690k kerskrag
1 flits elke 10 sekondes(of ‘n 1/10 toring)
Eerste van die elf ”1/10” torings (ses aan Indiese kus en vyf aan Atlantiese kus)Sien Aanhangsel A hieronder.
3 Kaap Snt Lucia 1906
-28° 30’ 54” s 32° 24’ 0” e
-28.5150000,32.8690222 Snt Lucia op Google Maps
8 m hoog gegote yster toring swart en wit bande geverf Enigste vierkantige toring met ronde kop 600k kerskraggroep van 2 flitse elke 10 sekondes Eerste van vyf”2/10” torings: Sien Aanhangsel B hieronderg
4 Richardsbaai 1979
-28° 46’ 30,3” s 32° 7’ 41,1” e
-28.7750833,32.1280833 Rich baai op Google Maps
11m hoog vierkantige basis met silindriese kop 660K kerskraggroep van 3 flitse elke 15 sekondes Net een ander toring, Hondeklipbaai aan Atlantiese kant het dieselfde flitspatroon.
5 Durnford(16k m Suid van Richardsbaai) 1916
-28° 55’ 0” s 31° 55’ 30” e
-28.9166667,31.9250000 Durnford op Google Maps
Geleë in Durnford bosbou reservaat 12 m hoog staal struktuur 5k kerskrag1 flits elke 5 sekondes
ierste van vier torings met ‘n 1/5 flitspatroon, die ander drie is: Seal Punt (Oos Kaap) , Aghulhas en Groenriviermond aan weskus
6 Tugela mond 1972
-29° 13’ 19,8” s 31° 30’ 19,8” e
-29.2221666,31.5055000 Tugela op Google Maps
21 meter hoog -aluminium struktuurr 578k kerskrag
4 flitse elke 30 sekondes
Twee ander torings het ‘n 4/30 flitspatroon: Slangkop by Kommetjie en South Head by Saldanah
7 Umhlanga rocks 1954
-29° 43’ 41,7” s 31° 5’ 18,2” e
-29.823983,31.2766724 Umhlanga op Google Maps
21 meter silindriese toring wit geverf met rooi band bo 600k kerskrag Kan 24 seemyl ver gesien word Ten volle geoutom atiseer en Werking word van oister box hotel gemoniteer Opgerig na meer as 60skeepss-strandings.drie flitse elke 20 sekondes Eerste van vyf “3/20” torings (Sien Aanhangsel C hieronder)
8 Cooper(Durban Bluff) 1953
-29° 56’ 5” s 31° 0’ 15” e
-29.9347222,31.0041667 Cooper op Google Maps
silindriese messelwerk toring rooi geferf met een wit band in middel ,3 miljoen kerskragEnigste toring wat na ‘n persoon vernoem is , H C Cooper was S A se vuurtoring ingeneur en het ‘n beduidende invloed gehad op al die torings om ons kus.
1 flits elke 10 sekondes
Tweede van die elf torings met ‘n “1/10” flitspatroon Sien Aanhangsel A hieronder).
KZ-natalse suidkus: 4 torings -30° suid tot -32° suid
9 Greenpoint (Tussen Umkumaas en Scotburg 1905
-30° 14’ 56,1” s 30° 46’ 38,9” e
-30.2489167,30.7774722 Green Point op Google Maps
21 meter hoog gegote yster struktuur geferf in rooi en wit bane 4,75 miljoen kerskragWaarsku skepe teen Aliwal rif Nasionale monument en provinsiale erfenis gebied
groep van 2 flitse elke 15 sekondes
Eerste van sewe torings met ’n unieke flitspatroon (Sien Aanhangsel C hieronder)
10 Ifafa(vakansiedorpie) 1980
-30° 27’ 36,7” s 30° 39’ 8,4” e
-30.46190442,30.6523333 Ifafa op Google Maps
23m hoog staal struktuur 89133 kerskrag3 flitse elke 30 sekondes
Enigste ander toring met dieselfde flitspatroon is Kaap punt aan die Atlantiese kant.
11 Port Shepstone1905
-30° 44’ 30,1” s 30° 27’ 33” e-30.7416944,30.4591667 Port Shepstone op Google Maps
8m hoog silindriese gegote yster geverf in swart en wit blokke Op suidelike mond oewer van Umzumkulu rivier Verklaar tot nasionale gedenkwaardigheid 1,13 miljoen kerskrag1 flits elke 6 sekondes
Enigste ander toring met dieselfde flitspatroon is aan die atlantiese kant by Roman Rock(Simonstad).
12 North Sand Bluff(Port edward) 1968
-31° 3’ 24” s 30° 13’ 33” e
-31.0566667,30.2258333 Port Edward op Google Maps
21 meter hoog messelwerk silinder wit geverf 511k kerskrag2 flitsse elke 10 sekondes
Tweede van vyf torings met ‘n 2/10 flitspatroon. (Aanhangsel B)
transkei / wildekus (5 Torings) -31° tot -33° suid
13 South Sand Bluff (Mkambathi natuur reservaat ) 1931
-31° 19’ 38,1” s 29° 57’ 41,11” e
-31.3272500,29.9614194 South Sand op Google Maps
Mond van “Miskiba” rivier 21 meter hoog staal struktuur 30707 kerskrageerste vuurtoring in S A wat toegerus is met son-panele vir krag
Op 21 April 1554 het ‘n Portugese skip die “Shaubento” by die mond van die rivier gestrand en 44 seevaarders en 100 slawe het verdrink. Van die byna 300 oorlewendes wat Delagoa baai toe gestap het het net ‘n paar oorleef.
1 flits elke 10 sekondes
Derde van elf torings met 1/10 flitspatroon (Sien Aanhangsel A).
14 Kaap Hermees(Port Snt Johns) 1903
mond van umzimvubu rivier . Hierdie rivier skei Pondoland Oos van Pondoland Wes
-31° 38’ 6” s 29° 33’ 23” e
-31.6350000,29.5563889 Port Snt Johns op Google Maps
Port Snt Johns is vernoem na Portugese skip “Chao Joao” of Snt Johns wat junie 1552 gestrand het. slegs 440 oorlewendes waarvan net 8 die reis van 1600 km kuslangs na mosambiek oorleef hetHermees is vernoem na die skip wat die pondoland se kus in die 1800’s gekarteer het
13 meter hoog agt-hoekige toring gebou met graniet klip van die omgewing 5k kerskrag
1 flits elke 3 sekondes Enigste ander toring met dieselfde flitspatroon is aan die weskus by Stompneusbaai
15 M-bashe punt (In Dwesa natuur reservaat naby Koffiebaai) 1926
-32° 14’ 27,1” s 28° 54’ 54” e
-32.2408611,28.9150000 M Bashe op Google Maps
14 meter staal toring 3,3 miljoen kerskrag
groep van 3 flitse elke 10 sekondes
Tweede van sewe torings met unieke flitspatroon (Sien Aanhangsel D)
16 Kaap Morgan 1964
-32° 42’ 26” s 28° 21’ 55” e
-32.7072222,28.3652777 Kaap Morgan op Google Maps
12m hoog aluminium konstruksie 615k kerskrag Kan 24 seemyl ver gesien word2 flitse elke 10 sekondes
Derde van vyf torings met ‘n “2/10” flitspatroon(SienAanhangsel B).
17 Hood punt(Oos-Londen) 1895
-33° 2’ 25,96” s 27° 53’ 55” e
-33.0405444,27.8986111 HoodE L op Google Maps
19 m hoog silindriese messelwerk toring wit geverf 6 miljoen kerskragMeer as 200 skepe het al hier vergaan
4 flitse elke 40 sekondes Enigste ander”4/40” toring is Gessur by Sodwana aan die KZ Natalse noordkus
res van oos-kaapse kus (5 Torings) -33° tot -34° suid
18 Groot Vis punt 1898
Naby groot visrivier-33° 31’ 10” s 27° 6’ 34” e
-33.5194444,27.1094444 Groot Vis op Google Maps
9m hoog messelwerk toring met vertikale swart en wit strepe 5 miljoen kerskrag1 flits elke 10 sekondes
Vierde van elf “1/10” torings (Aanhangsel A)
19 Voël eiland(naby Port Alfred) 1852
-33° 50’ 29,72” s 26° 17’ 13,55” e
-33.8415889,26.2870972 Voël Eiland op Google Maps
10km van kuslyn af en omtrent 30km suid-wes vanaf Boknes naby Port alfredVoël eiland is ‘n argipel of klein eiland groep wat bewoon word deur robbe, malgasse en pikkewyne 26m hoog vierkantige toring in rooi met wit band 1 miljoen 465k kerskrag
2 flitse elke 20 sekondes Net die torring by Dasaen eiland aan die Atlantiese kuslyn het dieselfde flitspatroon
20 Deal Port Elizabet 1973
Mond van papenkuilsrivier noord van die baai by die dol-osse-33° 54’ 56” s 25° 36’ 52” e
-33.9155555,25.6144444 Deal P E op Google Maps
vernoem na setlaar groepe afkomstig van deale in Kent(England) en wie aan die buitewyke vanPE probeer het om ‘n lewe te maak uit visvang22m hoog aluminium toring 592k kerskrag
1 flits elke 10 sekondes
Vyfde van elf “1/10”torings.(Sien Aanhangsel A).
21 Kaap recife(suid van P E) 1851
-34° 1’ 43,97” s 25° 42’ 3,9” e
-34.0288856,25.7010833 Kaap recife op Google Maps
Waarsku teen Thunderbolt rif 24m hoog messelwerk toring met swart en wit bande 4 miljoen kerskrag1 flits elke 30 sekondes
Vierde op lys van 7 torings met ‘n unieke flitspatroon(Sien Aanhangsel D)
22Seal punt by Kaap Snt Francis 1878
-34° 12’ 44,79” s 24° 50’ 11,92” e
-34.2124416,24.8366444 Kaap Snt Francis op Google Maps
22,7m hoog silindriese gebou wit geverf hoogste messelwerk toring in sa 2,75 miljoen kerskrag1 flits elke 5 sekondes
Tweede van vier torings met ‘n 1/5 flitspatroon (sien Durnford hierbo)
Plettenbergbaai tot kaap AGULHAS: (5torings) Al vyf torings op -34° suid
23 Robberg Plettenbergbaai 1950
-34° 06’ 27.6” S 23° 24’ 22.83” E
-34.1009920,23.3817229 Robberg op Google Maps
Ten volle sonkrag-aangedrewe, word per helikopter gediens In Robberg natuurreservaat6 m Toring Wit en Rooi
Twee flitse elke 30 sekondes
Vierde toring op lys van sewe torings met unieke flitspatroon.
24 Kaap Snt blaize Mosselbaai 1864
-34° 11’ 9,45” s 22° 9’ 25,14” e
-34.1859183,22.1569833 Mosselbaai op Google Maps
Vierkantige toring van steenwerk wit geverf 450k kerskrag kan 16 seemyl ver gesien word1 flitse elke 15 sekondes
Net Kaap Columbine by Paternoster se toring het dieselfde flitspatroon
25 ystervark punt tussen Gouritsmond en stilbaai 1964
-34° 23’ 26” S 21° 43' 5” E
-34.3905556,21.7180555 Ystervark Punt op Google Maps
21 m aluminium toring wit en rooi strepe1 flits elke 10 sekondes
Sesde van elf 1/10 torings (sien Aanhangsel A).
26 Kaap Infanta(NabyMalgas / Witsand) 1979
-34° 28’ 8,76” s 20° 50’ 47,09” e
-34.4718777,20.8464138 Kaap Infanta op Google Maps
15 m hoog aluminium konstruksie3 flitse elke 20 sekondes
Tweede van vyf torings met ‘n 3/20 flitspatroon: SienAanhangsel B)
27 Kaap Agulhas 1849
Mees suidelike punt van Afrika-34° 49’ 8” s 20° 0’ 33” e
-34.8188889,20.0099667 Agulhas op Google Maps
Portugese betekenis van naam is “Kaap van naalde” want magnetiese en geografiese noord stem hier ooreen op ‘n kompas naald.Hierdie toring huisves ook ‘ n internasionale vuuretoring museum.
Die Agulhas Nasionale park(mees suidelike park in Afrika) is ‘n fynbos park met meer as ‘nduisend spesies en deel van die Kaapse fynbos bioom, die rykste in die wereld 27m hoog silindriese gebou met 2 rooi en 1 wit band 7,5 miljoen kerskrag kan 30 seemyl ver gesien word
1 flits elke 5 sekondes
Derde van vier torings met ‘n 1/5 flitspatroon (Sien Durnford hierbo)
die lys van 22 Atlantiese oseaan torings: atlanties tusssen Agulhas en kaap punt (6Torings) al 6 torings -34°suid
28 Quoin Punt Buffelljagsbaai 1955
-34° 46’ 49.77” S 19° 38’ 24.91” E
-34 .7804917,19.6402527 Quoin Punt op Google Maps
Geleë aan Atlantiese kant van Agulhas en kan net met ‘n viertrek voertuig bereik wordmeer as 140 skepe het in hierdie omgewing vergaan sedert1682 21m hoog staal toring met diamant-vormige kop Soort lig: Assiteleën gaslamp 20 k kerskrag kan 11 seemyl ver gesien word
1 flits elke 10 sekondes
Sewende van elf “ 1/10”torings. SienAanhangsel A)
29 Danger point Opgerig na stranding van Burcanhead Gans Baai 1895
-34° 37’ 48,8” s 19° 18’ 10,9” e
-34.6302222,19.3030277 o Danger Point op Google Maps
Onder die toring is ‘n klein museum met items wat vanaf die Burcanhead skip kom wat rotse by dire eiland daarnaby getref en vergaan het.Die skrywer, SD Fourie se boek “Die Lantern swaaier” handel oor skepe wat in 1892 aan die suidkus vergaan het, Suid van Napier en Stanford naby Gansbaai, 8 hoekige steenwerk toring wit geverf 1,7 miljoen kerskrag kan 25 see myl ver gesien word
3 flitse elke 40 sekondes
Vyfde van sewe torings met unieke flitspatroon (Sien Aanhangsel D)
30 Kaap hangklip(naby Pringle Baai) 1960
-34° 23’ 11,4” s 18° 49’ 42,3” e
-34.3865000,18.8284167 Hangklip op Google Maps
Silindriese messelwerk toring , wit geverf met ‘n swart bandwaak saam met die toring by Kaap punt oor die ingang na valsbaai 1800k kerskrag kan 25 seemyl ver gesien word
1 flits elke 10 sekondes
Agste op lys van elf”1/10” torings. sien Aanhangsel A)
31Roman RockSimon Stad? 1981
-34° 10’ 54” s 18° 27’ 42: e
-34.1816667,18.4616667 Simonstad op Google Maps
silindriese gegote yster toring wit geverf enigste toring wat op ‘n rots in die see gebou is Kan net per boot of helikopter bereik word 5k kerskrag1 flits elke 6 sekondes
Enigste ander”1/6” toring is by Port Shepstone
32 Kaap punt 1816
-34° 21’ 24” s 18° 30’ 0” e
-34.3566667,18.5000000 Kaap Punt op Google Maps
9 meter hoog vierkantige messelwerk Baie gewilde toerisme bestemming 30 km(kraai-vlieg) van hangklip toring af Sterkste lig aan S.A. kus 10 miljoen kerskrag3 flitse elke 30 sekondes
Enigste ander “3/30” toring is Ifafa aan Natalse suidkus
vyf torings rondom kaapstad: -34° tot -33°suid
33 Slangkop punt (Kommetjie) 1919
-34° 8’ 54,59” s 18° 19’ 11,8”9 e
-34.1494872,18.3199694 Slangkop op Google Maps
33m hoog silindriese staal toring hoogste staal toring in s aOpgerig, onder andere, na die 1910 stranding van die Kakapo waarvan die wrak oorblyfsels steeds op Long Beach tussen Kommetjie en Noordhoek gesien kan word.
In 2014 was die toringopsigter verantwoordelik vir uithuur van die klein lesinglokaal op die derdie vlak van die toring (veral gewild vir troues) en ook die paar kamers langs-aan die toring wat gehuur kan word vir oornag.
Hy verseker ook dat toerusting wat see-temperatuur en see-stroom inligting monitor vir dieS.A. weerburo optimaal funksioneer. 5 miljoen kerskrag
4 flitse elke 30 sekondes
Ander “4/30” torings is Tugela(KZN) en South Head Saldanha(Weskus)
34 GroenpuntKaapstad 1824 oudste toring in s a
-33° 54’ 4” s 18° 24’ 2” e
-33. 9011111,18.4005555 Groen Punt op Google Maps
16m hoog vierkantige gebou rooi geverf met diagonale wit band 850k kerskraghuisves portnet se kantore en ook konferensie fasiliteite , ook museum van vuurtoring ligte en apparate
1 flits elke 10 sekondes
Negende op lys van elf”1/10” torings. sien Aanhangsel A)
35 Robin eiland 1865
-33° 48’ 52,2” s 18° 22’ 29,25” e
-33.8145000,18.3747917 Robin Eiland op Google Maps
18 m hoog messelwerk toring wit geverf 464k kerskrag1 flits van 5 sekondes elke 7 sekondes Geen rotasie, net sterk lig wat aan en afskakel
sesde op die lys van sewe torings met ‘n unieke flitspatroon (Sien Aanhangsel D)
36 Milnerton Kaapstad 1960
-33° 52’ 53,47” s 18° 29’ 18,52” e
-33.8815194,18.4884778 Milnerton op Google Maps
21m hoog silindriese gebou wit geverf 800k kerskrag3 flitse elke 20 sekondes
Derde van vyf “3/20” torings (sien Aanhangsel B)
37 Dassen eiland 1893
-33° 25’ 54” s 18° 5’ 22” e
-33.436667,18.0894444 Dassen op Google Maps
In die see Tussen koeberg en yzerfonteinDaar is baie skeepswrakke om die eiland en ‘n permanente natuurbewaarder sien om na die duisende pikkewyne, malgasse en tobies. 28m hoog silindries gegote yster met rooi en wit band 1,4 miljoen kerskrag
2 flitse elke 30 sekondes
flitspatroon dieselfde as Voël eiland naby Port Alfred
weskus saldanna – port nolloth: 9 torings -33°S tot -29°S (kuslyn neig noord)
38 South HeadSaldanah 1969
-33° 6’ 19,44” s 17° 57’ 18,01” e
-33.1054000,17.9550028 Saldanha Suid op Google Maps
silindriese messelwerk struktuur wit geverf 572k kerskrag4 flitse elke 30 sekondes
Ander “4/30” torings is Tugela(KZN) en Slangkop by Kommetjie
39 North headSaldanah 1939
-33° 3’ 0” s 17° 54’ 42” e
-33. 0500000, 17.9116667 MSald Noord op Google Maps
21m hoog aluminium struktuur3 flitse elke 20 sekondes
Vierde van vyf “3/20”torings. sien Aanhangsel B)
40 Kaap Columbine (Pater Noster / Tietiesbaai 1936
-32° 48’ 39” s 17° 51’ 23” e
-32.810333,17.85638898 Tietiesbaai op Google Maps
Het ook ‘n vuurtoringwagter, word uitgehuur vir funksies en die lens draai ook op kwik soos die toring by Slangkop/Kommetjie Waarsku teen die “brittania” rif. Hierdie is die eerste toring wat deur skepe(afkomstig van Europa) gesien word. 15m hoog vierkantige messelwerk toring wit geverfmet rooi kop 5,04 miljoen kerskrag1 flits elke 15 sekondes
Enigste ander”1/15” toring is aan die Indiese oseaan kant: Mosselbaai.
41 Kaap Snt Martin(Naby Snt Helena baai) 1977
-32° 42’ 53” s 17° 55’ 18,53” e
-32.7147222,17.9218138 Snt Martin op Google Maps
naby dias kruis en gooi sy ligoor die eiland groep (argipel) bekend as seal eiland 10m hoog aluminium struktuur 2k kerskrag1 wit en 1 rooi flits elke 10 sekondes
Laaste op lys van sewe torings met unieke flitspatroon (sien Aanhangsel D)
42 Shelly punt of stompneus punt met standbeeld van De Gama 2001
-32° 42’ 15,41” s 17° 58’ 52,18” e
-32.7042800,17.9811600 Shelly Stompneus op Google Maps
Op mees noordelike punt van die Kaap StMartin skiereiland en merk die westelike ingang na St Helena baai., omtrent 20km noord-oos van Paternoster. 7,7 m hoog vierkantige messelwerk struktuur wit geverf met groen kop nuutste toring aan s a kus baie modern en aangedryf deur sonkrag 1403 kerskrag1 flits elke 3 sekondes Net Hermees by Port St Johns het dieselfde flitspatroon
43 Doringbaai 1963 naby papendorp noord van lambertsbaai
-31° 49’ 0” s 18° 14’ 0” e
-31.8166667,18.2333333 Doringbaai op Google Maps
mees noordelikste hawe aan weskus silindriese messelwerk struktuur wit geverf met boonste deel in blou 615k kerskrag2 flitse elke 10 sekondes
Vierde van vyf torings met ‘n 2/10 flitspatroon (Sien Aanhangsel B).
44 Groenriviermond 1988
-30° 51’ 53 s 17° 34’ 49” e
-30.8647222,17.5802778 Groenriviermond op Google Maps
17,2m hoog geel silindriese toring met swart band 1, 069 miljoen kerskrag1 flits elke 5 sekondes Laaste van vier torings met 1/5 flitspatroon (Sien Durnford hierbo)
45 Hondeklip baai(Naby Springbok) 1936
-30° 18’ 30,7” s 17° 16’ 17,8” e
-30.3085278,17.2716111 Hondeklip op Google Maps 8m hoog staalkonstruksie 2k kerskrag
3 flitse elke 15 sekondes Net Richardsbaai aan KZN kus het dieselfde flitspatroon.
46 Port Nolloth 1909
-29° 14’ 58,36” s 16° 52’ 8,48” e
-29.2495444,16.8690222 Port Nolloth op Google Maps
Mees noordelikste toring aan S.A. Atlantiese kus 17m hoog aluminium konstruksie 82170 kerskrag Kan 19 seemyl ver gesien word1 flits elke 10 sekondes
Tiende op lys van elf 1/10 torings (Sien Aanhangsel A)
namibiese kus: drie torings -22° s tot -19° S (kus neig noord)
47 Dias punt by Luderitz/ kolmanskop 1910
-22° 53’ 26” s 14° 26’ 12” e
-22.8230516,14.0955710 Luderitz op Google Maps
Duitse toring(silindriese messelwerk) geverf in rooi en wit bane bekend vir sy mis horing 1,75 miljoen kerskragKyk uit oor Dias punt waar die Portugese ‘n kruis geplant het. Dias het twee keer hier aangedoen op kersdag 1487 en toe weer op pad terug 25 Julie 1488 Kamers onder die toring vir toerisme oornag.
1 flits elke 10 sekondes
Elfde an laaste op lys van”1/10” torings. (Sien Aanhangsel A)
48 pelikaan punt by Walvisbaai 1915
-22° 40’ 32” s 14° 31’ 29” e
-22.8230516,14.0095571 Walvisbaai op Google Maps
34m hoog silindriese gegote yster struktuur geverf in swart en wit baneAanvanklik bestem vir Bluff in Durban (ook in Engeland gebou) Geoutimatiseerd met moderne lig 1,3 miljoen kerskrag
3 flitse elke 20 sekondes
Vyfde van 5 torings met ‘n 3/20 flitspatroon
49 Swakkopmund 1903
-19° 22’ 47,85” s 12° 42’ 29,02” e
-19.8230516,12.0095571 Swakkopmund op Google Maps
Duitse toring (vanaf Berlyn), enigste toring met ‘n weer-haan en het ook restaurant en vuurtoring museum. 28m messelwerk toring met 1 rooi en 2 wit bane 57800 kerskrag2 flitse elke 10 sekondes
Laaste op lys van vyf”2/10” torings (Sien Aanhangsel B)
einde van lys
Aanhangsel A:
Die elf torings met ’n “1/10” flitspatroonIndiese Oseaan (6 torings): 1 Kaap Vidal (KZN noordkus) 2 Cooper (Durban) 3 south Sand (Wildekus) 4 Groot Vis punt(net suid van Oos-Londen) 5 Deal (PE), 6 Ystervark punt (Stilbaai)
Atlantiese kus (5 torings): 7 Quoin punt (Naby Aghulhas) 8 Hangklip (Valsbaai) 9 Groenpunt (Kaapstad) , 10 Port Nolloth aan Weskus en 11 Luderitz aan Namibiese kus
Aanhangsel B
Die vyf torings met”2/10” flitspatroonDrie aan Indiese oseaan kant: Kaap St Lucia Port Edward(KZN suidkus)en Morganbaai(wildekus)
Twee aan Atlantiese oseaan kant: Doringbaai (Weskus en Swakkopmund (Namibiese kus)
Aanhangsel C:
Die vyf torings met”3 /20” flitspatroon Twee aan Indiese Oseaan kant: Umhlanga Kaap Infanta Drie aan Atlantiese kant: Milnerton Kaapstad, north Sand Saldanah en Pelican point by Walvisbaai
Aanhangsel D:
Die sewe torings met unieke flitspatroneVier aan Indies Oseaan kant: Greenpoint Umkamaas(KZN Suidkus) ”2/15” M-bashe (Wildekus) ”3/10” Kaap Reciffe(naby P E)”1/30” Robberg (Plettenbergbaai”2/30”
Drie aan Atlantiese kant: Danger point(Gansbaai) ”3/40” Robin eiland Geen rotasie skakel aan en af Kaap Snt Martin (St Helena baai) wit en rooi flitse
Erkenning: Meeste inligting hierbo is verkry uit Johan Badenhorst se boek “Voetspore op die strand”wat gebaseer is op een van die “Voetspore”reekse op DSTV seKyk-net. IJ Blom Herfs 2023