Nelspruit / Mbombela se wonderboom

Soos op 21 Oktober 2023

Op reis in ‘n oostelike rigting met die N4 is daar ‘n kilometer of wat voor Nelspruit ‘n baie besondere boomreus wat dateer uit die ou Transvaal Republiek dae.

Dis dieselfde spesie as die Wonderboom in Pretoria (Ficus Salicifolia) maar die enigste een in die laeveld en dis nie bekend hoe dit daar wortel geskiet het sowat twee honderd jaar gelede nie.

Die pad-owerhede wou hierdie boom (Ligging: -25.4444881 30.8741015) in 2010, tydens pad-opgradering sloop maar die Nelspruit inwoners wou hiervan niks hoor nie, selfs wag gehou om die boom om die slopers te ontmoedig.

Na maande se onderhandelinge en ook insette van Jo ondersdall (‘n plaaslike botanikus) is ‘n skikking in Oktober 2011 bereik.

Die reus staan sedertdien op sy eie eiland met die pad wat só gebou is dat dit weerskante daarvan verbygaan. Nelspruit Boom op Google Maps

Vele artikels hieroor is beskikbaar op die internet onder die soek-terme “living lowveld monument” of “Mbombela arboreal monument”

IJ Blom lente 2023