Die Muse

 

Ek hoor die plankvloer kraak by die voordeur.  Altyd hoopvol vir nuwe pasiënte, haas ek my daarheen.  Daar staan sy toe: ‘n muwwe tannie met wat klink soos twee plastieksakke in haar hande.

“Dear, can I use your toilet?” sę sy en volg dit op met ‘n helse poep wat my onmiddelik oortuig van die bona fides van haar versoek.

“F... where is it?” skree/kreun sy en yl sommer voort in die verkeerde rigting.  Ek help haar toe reg en dwaal toe maar rond deur die huisie wat ek die “Fisio Hut” gedoop het, groots en bręggerig in die hoop dat dit sal gunstig val op die oog en oor.

 Ek het my twee groot praktyke toegemaak en hier kom begin om oorhoofse koste te besnoei maar was nog die heeltyd kleinmoedig en skepties dat my dokters en pasiente dit te lastig sou vind om die ekstra twee blokke te loop of te ry.  Nou is dit twintig voor sewe op ‘n Maandagoggend en die legende “Fisio Hut” in Afrikaans en engels is met glans-glinsterverf gedurende die naweek op die voor- en agterste mure van die hut aangebring.  Sal mense dit sien en reageer?

 My suspisie aangaande die nodigheid vir ‘n uitsuigwaaier vir die toeilet begin nou sterker word want ‘n mensmisreuk soos ek nog nooit vantevore geneus het nie begin veld wen.  Die klankdigtheid van die allerheiligste vertrekke word ook nou onder verdenking gebring want die reuk word onderstreep en gekomma en gepunt met kreune, steune en ‘n reppetaire van poepe wat  ‘n geweldige verskeidenheid van toonhoogte, frase en beheer, kadense en oorspronklikheid betref.

“I can’t find it”... .    Sy noem my “Boykie”

‘I can’t find the F... paper Boykie!”

Ek. Lafard van ‘n groot afstand af: “Its under the basin.. Have you got it?”

Ek het nog nie die rolhouertjie van hout (om by die oregon pine vloere te pas) teen die muur vasgesit nie en die rol papier sit ingewig onder di wasbak bo op ‘n pyp.

“No o dammit I dropped it.. I can’t reach it!”

Nou ja, dan is dit maar ingaan in die valei van doodskaduwee waar die grofgeskut terloops nog nie opgehou het nie.  In my blinde onnoselheid skop ek toe die rol wat tot naby die deur gerol het reg onder die tannie deur tot agter die troon.

“I’m so sorry sweetheart” sę ek, en hou toe die res van my asem vir wat ek begroot het vir ten minste die volgende tien minuute.

”It is a long time since anybody called me sweetheart Boykie, its a nice place you’ve got here”

“Thanks” sę ek met die laaste oorblyfsel van die asem.

Nou besig sy haarself weer met die papier en ek - weer op ‘n veilige afstand- hoor ‘n dun bewerige lewering van Perly shells intergespasieer met kreune, blaasgeluide en ‘n liberale sprinkeling van die F-woord soos die tannie die ding probeer doen.

“O groot F-woord Boykie! This is one of the old models.. I can’t lift my arms up you know, its for years now already” en sy gaan toe in ‘n lang gedetaileerde geskiedenis van tyd, plek en omstandigheid in wat seker nog die beste skildering van bilaterale rotator kraagsindroom van die skouer is wat ek nog gehoor het.

Weereens in die leeu se lęplek in en trek die ketting.  Die gerusstellende spoelgeluid neem hopelik die bron van die stank weg.

“You’re a nice strong guy, look at those forearms... if I were a few years younger...”


 

Nog peuter sy met klere en die plastieksakke terwyl sy my verder inlig omtrent nog skete wat sy het.  Toe slof sy deur toe en ontbrfekend aan nog ‘n poep in die pyplyn gee sy toe maar ‘n moerse burp wat haarself blykbaar ook onkant gevang het want sy verloor blykbaar haar balans en stamp een van die seer skouers teen die koesyn.

“F.. F...kę- kę         .....kę- kę... baai Boykie!..”

Nog nooit in my amper vyftig jaar het ek gevind dat een ou ‘n huis so volkome kan uitbom ie.  Magtig dit hang soos ‘n moeraswolk en wil nie wyk ten spyte van die oopgooi van alle ventilasie nie.

Daarna het dit vir een of ander rede begin beter gaan.  Die pasiëntgetalle het begin toeneem en ‘n ligter, froliker luim het my beetgepak.  Die uitstaande debiteure het begin inkom en die bank het besluit om my nie te laat toesluit nie en ek probeer om Perly shells se wysie uit my kop uit te intimideer met enigiets: Jan Pierewiet.. Selfs  Die Amerikaanse volkslied en “Gee hom gas Johanna”“ maar dit wil net nie wyk nie. 

 Pieter Blom: Mei 1998

 

Terug na bloms

slnvmuse